


Durban Gemeente het ’n aktiewe kinderbediening omdat Jesus gesê het laat die kindertjies na My toe kom. Die Bybelbuddies bestaan uit kindertjies van Gr1 tot en met Gr 10. Ons poog om die Kinders ’n liefde vir die Woord te gee deur hulle te onderrig in die Woord en dan ook die weg na Saligheid aan hulle bekend te stel.

Die Gemeentelike vrouevereniging stel hul ten doel om Jesus se opdrag in Matt. 28:19 – “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies” te gehoorsaam en die geestelike belange van elke vroue-lidmaat te bevorder. Eensgesindheid en samewerking vereis dat voortdurend kontak gehou moet word met elke CVV lid. Briewe en kaartjies van bemoediging word op gereelde basis gestuur met Moedersdag, verjaarsdae, Kersfees en waar daar ‘n behoefte is.
